‘Regering het leë belofte om huise in Jagersfontein te herbou’

Forum 4 Service Delivery se leier, Mbahare Kekana, sê die regering se belofte om huise in Jagersfontein in die Vrystaat te herbou, sal miskien nie binnekort gebeur nie. Hy sê daar is vloedslagoffers in KwaZulu-Natal wat steeds sukkel om die stukke op te tel nadat soortgelyke beloftes gemaak is. Kekana sê die regering moet ondersoek instel na wat in Jagersfontein gebeur het en optree teen diegene wat verantwoordelik is.