Toeriste glo van US$41 000 by Dunes Mall beroof

Daar het vandag ‘n rooftog by Dunes Mall in Walvisbaai plaasgevind. Na bewering is sowat 41 000 Amerikaanse dollar van toeriste beroof. Die rowers ry in ‘n silwer Volkswagen Polo met registrasienommer N 1377 WB in die rigting van Kuisebmund. Die Namibiese polisie in die Erongo-streek het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig hulle is besig om die voorval op te volg.