Reeds 3 676 tienerswangerskappe die jaar

Die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds sê al hoe meer tieners in Namibië word swanger met 3 676 wat tot dusver vanjaar swanger geword het teenoor ‘n totaal van 2 962 in 2016. Daar word bespiegel dat Covid ‘n noemenswaardige impak op toegang tot seksuele gesondheidsdienste gehad het en verlede jaar is meer as 3 000 leerders deur die onderwysstelsel verloor met afstandsonderrig wat toegepas is as gevolg van die inperking verlede jaar. Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het vroeër sy kommer uitgespreek dat die pandemie baie van die vordering wat gemaak is in die verband kan uitwis.