Onluste in SA is ‘n geleentheid vir Nam – Hangala

Die bekende Namibiese besigheidsman en voorsitter van die Hangala-groep, dr. Leake Hangala sê die onluste in Suid-Afrika is ‘n bedreiging vir Namibië maar weereens ‘n teken dat die land sy eie pad moet baan vir die produksie van goedere wat plaaslik verbruik word. Meer as 60 persent van kosvoorrade word ingevoer met die meerderheid wat van Suid-Afrika kom. Hangala sê as die uitdaging reg hanteer word en moedige besluite gemaak word, kan dit ‘n gulde geleentheid vir Namibië bied.