Sikunga-wagte looi Zambezi-stropers

Stropery neem toe in die Zambezi-rivier en volgens die jongste berigte is daar in die afgelope paar dae verskeie nette en makoros gekonfiskeer. Die Sikunga Veldwagters wat die gebied op die oewer van die Zambezi-rivier in die Sikunga bewaringsgebied patrolleer sê Maandag is ‘n stroper gevang en daar is beslag gelê op sy makoro en nette. Dinsdag is 41 nette en vyf makoros gevind maar die stropers het weggekom. Die toerismebedryf het in die verlede kommer uitgespreek oor die stroop van vis in die gebied omdat dit ‘n impak het op toeriste wat spesifiek kom om trofee vis te vang.