RedForce skenk groot

RedForce Debt Management het kospakkies en komberse geskenk aan 120 gesinne van die kiesafdelings Tobias Hainyeko en Samora Machel in die hoofstad ter waarde van 150 000 Namibiese dollar. Die pakket het bestaan uit nie-bederfbare voedselprodukte, waaronder mieliemeel, rys, suiker, kookolie, bakmeel, ingemaakte vis en ingemaakte vleis en ‘n winterkombers. RedForce se uitvoerende hoof, Julius Nyamazana, het sy opgewondenheid hieroor met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.