Recon voltooi boorwerk op derde put

ReconAfrica het sy teiken diepte van 2 056 meter in sy derde put bereik. Volgens ‘n verklaring deur die maatskappy word ondersoek tans ingestel om data in te samel oor die inhoud van die put. Twee-dimensionele seismiese opnames sal verder uitgevoer word om ‘n profiel van die gebied te skep. Opnames is uitgevoer op ‘n gebied  van 761 kilometer en ontleding van die data is amper voltooi. Dit sal die maatskappy help om sy boor prosesse te verfyn vir toekomstige putte en ontginning.