Gestremdes steeds uitgesluit

Daar is kommer van die Nasionale Gestremdheidsraad van Namibië oor die inklusiwiteit van Namibiërs wat met gestremdhede in die Namibiese onderwysstelsel leef. Tjiueza Tjombumbi, die raad se hoof van maatskaplike ontwikkeling, doen ‘n beroep op die ministerie van onderwys om ‘n inklusiewe metode van onderwys te implementeer om alle Namibiese kinders te akkommodeer, ongeag hul toestand.