Recon borg boorgat vir water vir laerskool kinders

Die Rundu-dorpsraad het ‘n skenking van ReconAfrica ontvang vir ‘n boorgat wat by die Siguruguru Primêre Skool in Rundu geboor gaan word. Die burgemeester van die Rundu-dorpsraad Gabriel Kanyanga sê aan Kosmos 94.1 Nuus wanneer alles afgehandel is, sal ReconAfrica die boorgat aan die dorpsraad oorhandig.

Hy sê die boorgat sal nie net vir die skool wees nie, maar sal ook aan die gemeenskap gekoppel word.