Mariental se rivierbeddens word skoongemaak, reën is op pad

Die Mariental-munisipaliteit berei op die oomblik sy rivierbeddens voor vir die komende reënseisoen. Die dorp het verwoestende vloede in 2006 ervaar en die Hardapdam is bekend daarvoor dat hy uiters vinnig water inneem wanneer die kuile vol is. Die munisipaliteit se uitvoerende hoof Paul Nghiwelepo sê dit word jaarliks gedoen.