Daar’s steeds kommer, al is vervoerverbod in SA opgehef

Die opheffing van die verbod op die vervoer van bees in Suid-Afrika word versigtig plaaslik verwelkom. Daar is sommige landboukenners wat meen daar is steeds ‘n wesenlike bek-en-klouseer risiko vir Namibië al is die verspreiding van die siekte in die buurland reeds beperk. Die president van die Namibiese Landbou-unie Piet Gouws het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.