Reaksie op vertraging in kompensasie van wit Zim-boere

Zimbabwe se minister van finansies, Mthuli Ncube, het gesê kompensasie aan wit boere wat hul grond verloor het, is weens die Covid-pandemie vertraag. Die regering het verlede jaar ingestem om die helfte van die kompensasie van 3,5 miljard Amerikaanse dollar en die res oor vyf jaar aan wit boere te betaal wat hul grond verloor het weens die hervestiging van swart boere op hul grond. Ncube het egter gesê dit vat langer as wat verwag is om finansiële adviseurs aan te stel om fondse in te samel. Deon Theron, die voormalige president van die Kommersiële Boere-vereniging van Zimbabwe, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.