Erongo-inentings is traag, goerwerneur tree in

Die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre Itope, het ‘n Covid-inentingsveldtog van stapel gestuur. Tot dusver is sowat 11 992 mense in Erongo van die geteikende 121 000 met hul eerste dosis ingeënt, terwyl 1 998 inwoners van die streek hul tweede dosis ontvang het. Die goewerneur het gesê ‘n taakspan sal bykomende inentingsentrums in die streek vestig en 16 persele is geïdentifiseer.