Bezos se ruimtevlug is perfek uitgevoer

Die Amerikaanse magnaat Jeff Bezos het ‘n lewenslange droom verwesenlik toe hy gister, op die 51ste herdenking van die eerste maanlanding, na die rand van die ruimte gelanseer is. Die voormalige uitvoerende hoof van Amazon se sub-orbitale reis aan boord van Blue Origin se New Shepard-vuurpyl, is beskryf as ‘n reuse-sprong vir die ruimte-toerismebedryf. Bezos is deur sy broer, Mark, vergesel sowel as die 18-jarige Oliver Daemen en die 82-jarige Wally Funk, wat onderskeidelik die jongste en oudste ruimtereisigers geword het. Met hul veilige terugkeer na Moeder Aarde, het hy sy opwinding en hoe dit gevoel het met die media gedeel.