So lyk Covid-gevalle vandag

Sewentien persent van die 1 003 toetsuitslae wat in die afgelope 24 uur ontvang is, 165, het positief getoets vir Covid. Volgens die Namibiese Ministerie van Gesondheid is daar 50 gevalle in Windhoek, 32 in die Erongo-streek, 27 in Hardap en 19 in Otjozondjupa. Oshikoto het 13 gevalle. Die res is landwyd versprei. Daar is 17 leerders, 11 onderwysers en 14 gesondheidswerkers in die groep. Getalle van pasiënte wat gehospitaliseer is het gestyg tot 155 met 43 in hoësorg. Aktiewe gevalle staan tans op 1 660. Die ministerie het ook 3 sterfgevalle aangekondig wat die totaal tot op 628 te staan bring.