Geen bedreiging vir diere deur ReconAfrica nie

Die uitvoerende direkteur van die omgewingsministerie, Teofilus Nghitila sê opnames wat reeds gedoen is, toon dat daar geen risiko vir wildlewe as gevolg van ReconAfrica se boor- en eksplorasiewerk is nie. Nghitila is tans by die openbare verhore wat die parlementêre staande komitee op natuurlike hulpbronne vandag in samewerking met die omgewingsministerie in die verband hou. Die Save the Unique Lifestyle of the Okavango, bekend as die SOUL-groep, het die versoekskrif gebring.