Reaksie op China wat lenings aan Afrika-lande ‘vergewe’

‘n Namibiese ekonoom het sy reaksie gegee op China wat aangekondig het dat hy 17 Afrikalande se 23 rentevrye lenings wat aan die einde van 2021 verval het, sal “vergewe”. Navorsing toon dat China tussen 2000 en 2017 altesaam 143 miljard Amerikaanse dollar aan Afrika-regerings en staatsbeheerde ondernemings geleen het. In 2020 was die Afrikalande met die grootste skuld aan China, Angola met 25 miljard Amerikaanse dollar, Ethiopië met 13,5 miljard dollar, Zambië met 7,4 miljard dollar, gevolg deur die Republiek van die Kongo en Soedan. Ekonoom, Robert McGregor sê dit is onduidelik wat die terme en voorwaardes verbonde aan die afskryf van die lenings is.