Drankmisbruik onder minderjariges onder die loep

Die Oos-Kaapse Drankraad begin vandag ‘n veldtog teen drank vir minderjariges by 20 hoërskole in die Buffalo City Munisipaliteit. Dit vorm deel van sy pogings om die plaag van minderjarige drinkery aan te spreek ná die skokkende voorval by die Enyobeni-taverne, waar 21 jongmense gesterf het. Die woordvoerder van die drankraad, Mgwebi Msiya, sê die oogmerk is om jongmense doeltreffend te bemagtig oor hoe om die versoekings van drank aan te spreek: