Reaksie op Airlink se binnelandse roetes

Die Namibiese toerismesektor het gereageer op Airlink wat beplan om plaaslike vlugroetes in Namibië te vestig. Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse lugredery, Rodger Foster, sê Airlink is in gesprekke met internasionale lugrederye om ‘n vennootskap te sluit. Kosmos 94.1 Nuus het aan Gitta Paetzold van die Gasvryheidsvereniging van Namibië gevra wat dit vir die plaaslike toerismebedryf sou beteken.