Rooilyn: Ombud bly uit die debat

Die Namibiese ombudsman Basilius Dyakugha het verseg om by die debat oor die veeartseny-kordonheining, bekend as die rooilyn, ingesleep te word. Hy erken die rooilyn sluit die meerderheid van Namibiërs uit, maar Dyakugha sê dit is nie sy plek om standpunt in te neem of die rooilyn verwyder moet word, of nie. Die ombudsman sê hy sal nie skaar by die saak van die leier van die Affirmative Repositioning, Job Amupanda, wat die rooilyn ongrondwetlik in ‘n hof wil laat verklaar nie.