Rassie is van wangedrag aangekla

Suid-Afrika se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, en SA Rugby is van wangedrag aangekla en moet voor ‘n onafhanklike tugkomitee verskyn. Dit volg op Erasmus se uitsprake oor die wedstrydbeamptes se hantering van die eerste toets tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus. Erasmus het verlede week in ‘n video verskeie teenstrydighede tydens die toets in fyn besonderhede uitgelig. Wêreld Rugby sê hy veroordeel enige kritiek wat in die openbaar gedoen word teen wedstrydbeamptes se vertoning of integriteit. SA Rugby sê hy neem kennis van die aanklagte en sal deur die aangewese kanale daarop reageer.