Sewe opposisiepartye gaan hof toe oor Noa en kie

Plaaslike media berig dat die Independent Patriots for Change nie by sewe ander opposisiepartye sal aansluit om die prosesse wat gebruik is vir die heraanstelling van Paulus Noa in die hof uit te daag nie. Na verwagting sal die PDM, die LPM, die RDP, die All People’s Party, die Namibian Economic Freedom Fighters, die RP en Nudo vandag ‘n dringende aansoek by die hof indien in die verband. Daar word beweer dat die Nasionale Vergadering se spesiale sessie om die poste van die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie en sy adjunk, sowel as verskeie kommissarisse by die Verkiesingskommissie onwettig saamgeroep is. Paulus Noa en sy adjunk advokaat Erna van der Merwe is tydens die sessie weer aangestel.