Hou meisies op skool

Geleerdheid speel ‘n sleutelrol in die opheffing van vroue, maar duisende jong meisies is nie in die skool nie en word gereeld ontmoedig om te leer. Armoede, kulturele norme, geslagsdiskriminasie en geslagsgeweld is van die struikelblokke wat vandag tussen tienermeisies en onderrig staan. Save The Children se raadgewer oor geslag en geslagsgeweld, Nakhungu Magero, sê onderwys is noodsaaklik om kinderhuwelike en ongewenste swangerskappe te voorkom. Sy sê geskoolde vroue is ook gesonder en beter in staat om vir hulle gesinne te sorg: