Rantsoenering van water op Oshakati vanaf vanaand tot 4 Oktober

NamWater het aangekondig dat die huidige rehabilitasiewerk aan die kanaal en kragonderbrekings by die Calueque-pompstasie in Angola weens die substasie-opgradering deur NamPower, sal lei tot verminderde watertoevoer aan NamWater se Oshakati-waterbehandelings-aanleg en verspreidingstelsel. NamWater sê die rantsoenering van water sal vanaf vandag tot 4 Oktober saans vanaf tien-uur tot soggens vyf-uur plaasvind. NamWater sal die situasie deurentyd monitor.