Rampbestuurspanne gereed in KZN

Die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake in KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, het rampbestuur-spanne op gereedheid geplaas aangesien gure weerstoestande voortduur regoor die provinsie, wat in April verwoestende vloede beleef het. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens word ontwrigtende reën in groot dele van die provinsie verwag. ʼn Woordvoerder van die departement, Senzelwe Mzila, veroek inwoners om uiters versigtig te wees, veral wanneer hulle riviere of oorstroomde voetpaadjies oorsteek.