Covid sluit navorsingstasie in Antarktika

‘n Covid-uitbreking in ‘n Amerikaanse navorsingstasie in Antarktika het daartoe gelei dat die Nasionale Wetenskapstigting alle reise daarheen verbied het. Daar is minstens 70 Covid-gevalle in die McMurdo-stasie, die grootste stasie op die vasteland. Die verbod op reise daarheen gaan vir minstens die volgende twee weke voortduur. Vanaf die begin van Oktober is daar 98 Covid-gevalle uit ‘n totale bevolking van 993 by die stasie aangemeld.