Brandstofsmokkelary tussen Angola en Namibië styg 

Lang rye voertuie is sedert verlede week by vulstasies in Suid-Angola waargeneem, wat toegeskryf word aan die toenemende oorgrens brandstofsmokkelary. By Santa Clara, Ondjiva en Mongua was pompe die meeste van die tyd droog, met voertuie wat tougestaan en gewag het vir tenkwaens om brandstof af te lewer. Motoriste moet meeding met Angolese en Namibiese smokkelaars wat toustaan met houers van verskillende groottes en vorms. Sommige smokkelaars neem die brandstof na plattelandse dorpies waar hulle dit teen ‘n wins verkoop, maar die meeste van die brandstof eindig glo op in die Namibiese swartmark. Sommige Angolese blameer Namibiërs vir die brandstoftekort in die buurland. ‘n Doeanebampte by die Oshikango-grenspos tussen Namibië en Angola gesels met Kosmos 94.1 Nuus.