Rampbefondsing moet gedesentraliseer word

Die Kavango-Wes Streeksraad sê fondse om rampe te bestuur, moet na al die 14 streke in die land gedesentraliseer word. Die senior skakelbeampte van die streeksraad, Tenga Salomo, sê hulle is bekommerd oor die bestuurstrategieë in die streek wat deur die Nasionale Ramprisiko Bestuursdirektoraat in die kantoor van die eerste minister gefasiliteer word wanneer geld betrokke is. Hy meen rampe moet ‘n benadering van nood hê wanneer fondse nodig is om rampe te hanteer.