Swartbemagtiging sal SA-familieboerderye raak

Die Suid-Afrikaanse landbou-organisasie, Saai, waarsku dat die jongste regulasies vir swart ekonomiese bemagtiging tot nadeel van familieboerderye gaan wees. Die voorsitter van Saai se raad, Theo de Jager, verwys na die Departement van Landbou se onlangse aankondiging van die vereistes van die Uitvoerbeheerraad vir Bederfbare Produkte. Dit sluit in dat uitvoer-boere hulle swart ekonomiese bemagtigingsertifikate saam met hul aansoek vir uitvoerpermitte moet voorlê. De Jager sê dis onduidelik hoe die departement verwag familieboere moet aan die vereistes voldoen, veral met betrekking tot mede-eienaarskap en medebestuur.