‘SA het ‘n kultuur van nie-betaling van dienste’

Professor Andre Duvenhage, ‘n politieke kenner in die buurland, sê die Suid-Afrikaanse samelewing het ‘n kultuur van nie-betaling vir dienste. Hy reageer op die bekende ekonoom Mike Schussler wat sy misnoeë uitgespreek op sy Twitter-blad oor die weiering van Soweto-inwoners om krag te betaal, sedert 1986. Die oorspronklike boikot het die vrylating van Nelson Mandela geëis maar, niks is na 1991, toe hy vrygelaat is, aan die boikot gedoen nie. In 2013 het die Washington Post berig dat die destydse Eskom-hoof, Brian Dames, gesê het dat Eskom betalings van minder as ‘n vyfde van sy kliënte in Soweto ontvang. Hy het ook bevestig dat van die rekenings langer as 20 jaar uitstaande is. Schussler sê die boikot is reeds 35 jaar in plek en beurtkrag, 14 jaar. Duvenhage het sy reaksie so verwoord.