Gesondheidsministerie maan Namibiërs om regulasies te gehoorsaam

Die Namibiese gesondheidsministerie het 28 sterfgevalle in 10 distrikte aangekondig, asook 1 284 nuwe Covid-gevalle uit 3 445 toetsuitslae. In die groep is 129 leerders, 29 onderwysers, 24 gesondheidswerkers en 21 studente. Daar is nou 26 270 aktiewe gevalle, waarvan 570 in hospitale en 107 in intensiewesorgeenhede is. Die adjunkminister, dr. Esther Muinjangue, het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om regulasies te gehoorsaam, want Namibië verloor lewens.