Jongste oor bek-en-klouseer in die Zambezi-streek

Bek-en-klouseer in die Zambezi-streek het na vier nedersettings versprei en 795 beeste besmet. Volgens ‘n mediaverklaring van die Namibiese landbouministerie het die sentrale veeartseny-laboratorium bek-en-klouseer in die Kasenu-nedersetting in die Kabbe-Suid-kiesafdeling bevestig wat sedertdien na Luhonono, Namiyundu, Ikaba en Nankutwe versprei het.Gelukkig is bek-en-klouseer nie in die Otjozondjupa-streek aangemeld nie, sê die goewerneur, James Uerikua.