Ramaphosa word deur woedende inwoners van Soweto gekonfronteer

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, is deur woedende inwoners van Nomzamo in Soweto gekonfronteer. Ramaphosa, wat ‘n verkiesingsveldtog vir die party gelei het, moes van mense hoor die party is net besorg oor hulle wanneer daar ‘n verkiesing is. Inwoners het gekla oor ‘n gebrek aan elektrisiteit en dat die polisie net daar is as belangrike mense in die omgewing is. Talle sê hulle gaan nie vir die ANC in die plaaslike regeringsverkiesings stem nie, of hulle gaan die verkiesings boikot. Ramaphosa sê kragvoorsiening gaan die eerste prioriteit wees as gevolg van sy besoek.