Ramaphosa wens Liz Truss geluk

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die nuwe eerste minister van die Verenigde Koninkryk, Liz Truss, geluk gewens. Sy is Dinsdag in die Balmoral-kasteel as die land se derde vroulike eerste minister ingehuldig. Ramaphosa sê hy is vol vertroue dat die vriendskaplike betrekkinge tussen Suid-Afrika en die VK, wat geskiedkundig sterk is, onder haar leierskap sal bly groei. Bilaterale samewerking tussen die twee lande sluit in handel en belegging, wetenskap en vernuwing, energie, gesondheid en die omgewing.