Polisie soek steeds na verdagte van massa-mesaanval in Kanada  

Die polisie in Kanada is steeds op soek na die oorblywende verdagte van ‘n massa-mesaanval wat Sondag minstens 11 mense – een verdagte ingesluit – se lewens geëis het. Die 30-jarige Myles Sanderson is steeds op vrye voet nadat sy broer, die 31-jarige Damien, dood aangetref is in die James Smith Cree Nation. Die broers word daarvan verdink dat hulle 11 mense vermoor en nog 19 beseer het op 13 verskillende misdaadtonele in een van die dodelikste aanvalle in Kanada se moderne geskiedenis. Myles word volgens die polisie as gewapen en gevaarlik beskou.