Een verdagte vas ná gewapende rooftog in hoofstad

Een verdagte is in hegtenis geneem in verband met die gewapende rooftog vanoggend tien-uur by Indongo Toyota en Standard Bank naby die Snymansirkel in Windhoek. Daar was ‘n heen en weer skietery tussen die rowers en die Namibiese polisie, maar die rowers het met ‘n Audi op die vlug geslaan het. Die voertuig is later verlate met ‘n gebarste linkervoorband langs die Westelike Verbypad gevind is. Niemand is in die voorval beseer nie. Adjunk-offisier Silas Shipandeni van Nampol gee terugvoering oor die voorval.