Ramaphosa vra verskoning oor beurtkrag

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê die kwessies wat plaaslike regering raak, insluitend die swak dienslewering in baie munisipaliteite, is frustrerend vir inwoners en sleg vir sake. Ramaphosa het vandag op die plaaslike regeringsberaad in Boksburg, Gauteng, burgemeesters en munisipale amptenare toegespreek en ook om verskoning gevra oor die huidige beurtkrag. Hy sê dit is die grootste uitdaging. Ramaphosa sê swak dienslewering, insluitend slaggate in paaie, swak gehalte van water en toenemende krag-uitdagings, verswak die reeds sukkelende plaaslike ekonomieë nog verder.