Eskom: Beurtkrag duur nog voort

Eskom het aangekondig fase drie- en vier-beurtkrag sal tot Saterdag voortduur. Fase drie sal gedurende die dag van krag wees en fase vier sal geld vir spitstyd in die aande. Die woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die kragverskaffer sal Suid-Afrikaners teen Vrydag inlig oor die naweek se beurtkrag-vooruitsig.