Namibiese melkproduksie styg in tweede kwartaal 

Melkproduksie in Namibië het in die tweede kwartaal van 2022 met 8,4 persent gegroei, ‘n verbetering in vergelyking met ‘n afname van 13,9 persent wat in die tweede kwartaal van 2021, volgens die Namibiese Statistieke-agentskap. Altesaam 3 868 kiloliter melk is gedurende die tweede kwartaal geproduseer, vergeleke met 3 568 kiloliter wat in die tweede kwartaal van 2021 geproduseer is.