Iran maan Islamitiese Republiek kan nie ontwortel word

Iran se opperleier, Ayatollah Ali Khamenei, het gewaarsku dat niemand moet waag om te dink dat hulle die Islamitiese Republiek omver kan werp nie. Sy waarskuwing word bestempel as die kragtigste nóg teenoor betogers wat sedert die dood van Mahsa Amini in polisie-aanhouding, landwyd onrus aanblaas. Die 22-jarige vrou was in aanhouding omdat sy na bewering die land se streng aantrekkodes verbreek het. Veiligheidsmagte gaan steeds voort met hulle onderdrukkings-veldtogte in Koerdiese streke. Internasionale media berig meer as 200 mense is reeds gedood, en volgens Amnestie Internasionaal is minstens 23 kinders onder die sterfgevalle.