Ramaphosa veroordeel vandalisme

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die beskadiging van infrastruktuur in Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal veroordeel. In antwoord op vrae in die nasionale raad van provinsies, het Ramaphosa onthul dat daar ‘n beduidende toename in sulke misdaadvoorvalle is, veral in die spoor-sektor. Die president het planne aangekondig om die skade te bepaal en infrastruktuur te herstel. Ramaphosa het ook bekend gemaak dat daar ‘n kommerwekkende toename in vandalisme by skole is.