Ramaphosa geprys vir oopkop-benadering tot energie

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa se oopkop-benadering tot energievoorsiening in die land word verwelkom. ‘n Professor aan die Noordwes-Universiteit, Raymond Parsons, sê dit is goed vir beleggingsentiment in hierdie tyd waarin die land die huidige ekonomiese herstel ten volle moet benut. Parsons sê die jongste stappe om privaat sektor beleggings in gevestigde opwekking aan te moedig, is noodsaaklik om die voortgesette hoë koste van beurtkrag vir die Suid-Afrikaanse ekonomie te verminder. President Ramaphosa het die regering se planne bekend gemaak om die NERSA-lisensiedrempel vir opwekking van 1 megawatt na 100 megawatt te verhoog.