Klopp soek konsekwentheid

Liverpool se bestuurder, Jurgen Klopp, sê hy soek meer konsekwentheid van sy spelers. Mohamed Salah het van die plaasvervangersbank gekom en binne ses minute ‘n driekuns behaal wat Liverpool gehelp het om die Rangers gisteraand in die Kampioenskapsliga met sewe-een te verpletter. Klopp sê hy is tevrede met die uitslag omdat dit sy spelers se selfvertroue ‘n hupstoot gee in aanloop tot Sondag se Premierliga-kragmeting teen Manchester City: