Ramaphosa sê vroue het swaarder gekry met Covid

President Cyril Ramaphosa sê die verwoestende uitwerking wat die Covid-19-pandemie op lewens, werk en lewensomstandighede gehad het, sal nog ‘n tyd lank gevoel word. Hy het die tweede Vroue Ekonomiese Vergadering in Tshwane toegespreek. Die president sê die ekonomiese bemagtiging van vroue is waarlik hervormend met verreikende voordele vir die ekonomie en die samelewing. Ramaphosa voeg by dit is steeds vroue wat die spit afbyt ná Covid-19: