FBI sê hy is gereed om Hunter Biden aan te kla

Die FBI sê hy het genoeg bewyse ingesamel om Hunter Biden van belastingmisdade aan te kla sowel as klagte dat hy ‘n vals verklaring afgelê het om ‘n vuurwapen te koop. President Joe Biden se seun word sedert 2018 ondersoek. Die besluit oor of kriminele klagte ingedien moet word, berus nou by die Amerikaanse prokureur-generaal in Delaware. Intussen sê ‘n regsverteenwoordiger vir Hunter dat hulle nie deur federale agente gekontak is nie en dat sy kliënt herhaaldelik ontken het dat hy die wet oortree het. Hunter Biden, 52, is ‘n prokureur en sogenaamde lobbyist wat in die buiteland gewerk het, insluitend in China en die Oekraïne. Hy is in 2014 uit die Amerikaanse vloot ontslaan nadat hy positief getoets het vir kokaïen.