Khomas vergader vanoggend oor korrupsie

Die Khomas-streek se Teenkorrupsie-kommissie se Strategie- en Aksieplan vergadering vind vandag plaas. Die doel is om belanghebbendes op hoogte te bring van die implementering van die aksieplan en om kwessies van bestuur, etiek en korrupsie in die Khomas-streek te bespreek. Die kommissie se kommunikasie-beampte, Josephine Nghituwamata, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Sy sê terwyl die inisiatief deur die goewerneur se kantoor aangedryf is, ondersteun die kommissie die pogings.