Ramaphosa se uitlatings oor nasionalisering kan polities wees – kenner

Reaksie is ontvang oor Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa se opmerkings dat die ANC nie ‘n nasionaliseringsbeleid voorstaan nie. Die grondonteienings wetsontwerp is Vrydagmiddag in die buurland se parlement bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gekry wat sê Ramaphosa se opmerking is gerusstellend. Tog sê Laubscher dit kan ook ‘n politieke strategie wees om stemme te werf.