Hongkong-aktivis vas vir Tiananmen-herdenking

Die polisie in Hongkong het die pro-demokratiese aktivis Chow Hang Tung gearresteer op die 32ste herdenking van die 1989-slagting op Tiananmen-plein. Dit is Vrydag herdenk. Chow is die ondervoorsitter van die Hongkong Alliansie wat jaarliks nagwake hou vir die slagoffers van Beijing se dodelike onderdrukking van pro-demokrasie-betogings. Dit volg nadat Hongkong die geleentheid vir die tweede agtereenvolgende jaar verbied het as gevolg van korona-virus beperkings. Duisende beamptes is op gereedheidsgrondslag geplaas om te verhoed dat die nagwaak plaasvind.