Voedselpryse styg tot hoogste vlak sedert 2011

Die uiterse hoë voedselpryse wat Namibiërs ervaar en tans dubbelsyfers bereik het, blyk om internasionaal voor te kom. Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie sê die wêreld se voedselpryse was in Mei op sy hoogste vlak in byna ‘n dekade, en het die afgelope jaar met meer as met 40 persent gestyg. Die wêreldwye voedselprysindeks vir Mei is 127,1 punte – die hoogste sedert 2011. Plantaardige olies, suiker en graanprodukte het die grootste invloed op die indeksverhoging gehad. Vrees vir voedselsekerheid as gevolg van die Covid-19-pandemie het ook tot ‘n styging in voedselpryse gelei.