Ramaphosa se toespraak was ‘n belediging

Die hoofsweep van die DA, Siviwe Gwarube, sê President Cyril Ramaphosa se toespraak was ‘n belediging vir die land en dis beslis duidelik dat die Parlement die laaste verdedigingslinie teen staatskaping moet wees. Die president het geskets wat die regering beoog om te doen na aanleiding van aanbevelings deur die staatskapingskommissie. Gwarube sê Ramaphosa het dit geheel en al vermy om enige aankondigings te maak oor kabinetsministers wat by die staatskaping betrokke was, of hoe hulle aanspreeklik gehou sal word: